Agtergrond

’n Wonderwerk word bevestig, 16 Desember 1838. Die Voortrekkers se opponente was meer as 20 000 teen net meer as 400 van hulle. Die Voortrekkers het geweet oorwinning is onmoontlik indien hul self die vyand aandurf. Hulle het na ’n lang debat besluit om ’n gebed aan die Here te rig en ’n belofte aan Hom te maak wat hulle en hul nageslagte elke jaar op 16 Desember as ’n gelofte sal eerbiedig en aan Hom die lof bring. 

Die mens is feilbaar en die Here is getrou. Is ons steeds besig om ons aandeel in die belofte te volhou?

Die Gelofte

Hier staan ons voor die Heilige God
van hemel en aarde
om ’n gelofte aan Hom te doen, dat,
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en die datum
elke jaar as ’n dankdag
soos ’n Sabbat sal deurbring;
en dat ons ’n huis tot Sy eer
sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons aan ons kinders sal sê
dat hul met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis
ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam
sal verheerlik word
deur die roem en die eer
van oorwinning aan Hom te gee.

Die Gelofte-musiekblyspel

Mens kan nie geskiedenis herskryf nie, maar jy kan die lig skyn op die onderwerp wat al jare in die skaduwee van die geskiedkundige Slag van Bloedrivier staan.

Hierdie oorwinning word geprys in die vlees en verwaarloos in die gees.

Die Here se hand word maklik misken tussen die stowwerige blaaie, verslaande assegaaie, patriotisme, politiek en die grusame realiteite wat vandag verban is vir ons nageslagte. Geskiedenis kan dalk nie herskryf word nie, maar hy het ’n gier om homself soms te herhaal.

’n Gelofte is slegs ’n gelofte indien almal betrokke hul deel daarin nakom.

Mag die erkenning, Hom, nie in hierdie verhaal ontglip nie.

AfriForum Teater vier eerste verjaardag met bekendstelling van Die Gelofte Musiekblyspel

AfriForum Teater verwelkom binnekort die sterbelaaide musiekblyspel Die Gelofte op die verhoog. Die Gelofte: ’n Musiekblyspel is ’n AfriForum-produksie wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied word. Die rolverdeling spog met groot name in die musiek- en teaterbedryf waaronder Johan Vorster, Nadia Beukes en Bernice West. Die teks is deur Jannes Erasmus geskryf en…